LOS ANGELES, VSA. – Smokey Robinson word deur die polisie in Los Angeles ondersoek na bewerings van vier verskillende vrouens oor seksuele aanranding.
Lees ook: Smokey Robinson ontken bewerings van seksuele aanranding
Robinson is verlede week gedagvaar deur vier van sy voormalige huishoudsters wat beweer het hy het hulle seksueel aangerand, onder vals voorwendsels aangehou, arbeidswette oortree en hom skuldig gemaak aan geslagsgeweld en nalatigheid.
Hulle het ook sy vrou, Frances, in die dagvaarding genoem en gesê sy het hulle werksomstandighede vererger en niks gedoen om Robinson se beweerde seksuele misdrywe te keer nie.
Robinson se regspan het die aantygings ontken en het gesê die vrouens is agter Robinson se geld aan.
Volgens sy prokureur is hulle bly oor die ondersoek en is seker dit sal bevind word dat Robinson “niks verkeerd gedoen het nie”.
Die prokureurs vir die slagoffers het gesê hulle is bly oor die ondersoek en is van plan om ten volle met die polisie saam te werk.
Bronne: BBC, LA Times, FOX News
Lees ook: Smokey Robinson ontken bewerings van seksuele aanranding





