TEXAS, VSA. – ’n Ma van Texas is in hegtenis geneem na sy glo ammunisie en ‘n kamoefleeruitrusting vir haar seun (14), wat glo sy skool wou aanval, gekoop het.
Lees ook: ‘Skoolskieter’ se ma skryf brief aan families van slagoffers, sê families moet vir hulle bid
Ashley Pardo (33) is Maandag in hegtenis geneem en aangekla daarvan dat sy terrorisme aanhelp. Sy is Dinsdag op borg vrygelaat.
Die seun het glo Maandag skool toe gegaan met ’n kamoefleerbaadjie, masker en kamoefleerbroek en het vir sy ouma gesê hy gaan “beroemd” wees. Sy ouma het die polisie gebel na Pardo vir haar gesê het sy het vir die kind wapens gekoop Die ouma het ook ’n tuisgemaakte ploftoestel in die seun se kamer gekry met die woorde “vir Brenton Tarrant” daarop geskryf, Tarrant was die skieter in Christchurch, NZ, uitgevoer waarin 51 mense omgekom het. SS-simbole en “wit oppermag-simbole” was ook op die toestel aangebring.
Die seun is later op die skoolterrein gearresteer en word van terrorisme aangekla. Hy het in Januarie prente geteken van die skool met ‘n “selfdoodroete” daarop en ’n vuurwapen langs die skoolnaam. Die seun het erken hy het ’n “fassinasie met massaskieters en hulle manifesto’s”. Pardo is gekontak, maar het geen kommer gelewer nie.
Die seun het in April die Tarrant-skietery by die skool op die internet opgesoek en is geskors. Hy het daarna selfdood probeer pleeg en is na ’n ander skool gestuur, maar was op 8 Mei weer terug by sy ou skool.
Bronne: The Independent, CBS News, USA Today
Lees ook: ‘Skoolskieter’ se ma skryf brief aan families van slagoffers, sê families moet vir hulle bid





