Brekende Nuus
Afrikaans

Hoogste hof van appèl verwerp Nandipha Magudumana se aansoek

Hoogste hof van appèl verwerp Nandipha Magudumana se aansoek

fotokrediet: X
Hoogste hof van appèl verwerp Nandipha Magudumana se aansoek fotokrediet: X

Die hoogste hof van appèl het dr. Nandipha Magudumana se aansoek om haar uitlewering van Tanzanië onwettig te verklaar, verwerp.

Lees ook: Hof beslis na verwagting vandag oor Nandipha Magudumana se uitleweringsaak

Die hof het bevind Magudumana se uitlewering was nie onwettig nie, want sy het ingestem tot haar vervoer terug na Suid-Afrika.

Volgens die hof was Magudumana bewus van die aanklagtes wat teen haar aangebring sal word wanneer sy in Suid-Afrika aankom, maar het ingestem om terug te kom, want sy wou by haar kinders wees.

Haar aansoek is met kostes verwerp en sy sal in aanhouding bly. Die saak teen Magudumana, Thabo Bester en hulle medebeskuldigdes sal op 21 Julie 2025 begin.

Bronne: Hoogste Hof van Appèl

Lees ook: Hof beslis na verwagting vandag oor Nandipha Magudumana se uitleweringsaak