Vyf mense dood toe skoolbus in Pakistan ná selfdoodbomaanval ontplof

Lees ook :

Vyf mense dood toe skoolbus in Pakistan in selfdoodbomaanval ontplof fotokrediet: X

PAKISTAN. – Drie kinders en twee volwassenes is vandag in Baloetsjistan, Pakistan, dood na ’n skoolbus tydens ’n selfdoodbomaanval ontplof het.

Lees ook: Vier dood en 20 beseer toe voertuigbom in Pakistan ontplof

Die bus was met sowat 40 skoolkinders buite die afgeleë dorpie Khuzdar op pad toe dit deur ‘n bomaanval geruk is. 38 mense is in die aanval beseer.

Nog geen groep het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar die land se weermag het Indië vir die aanval blameer. Daar is tot dusver geen bewys daarvan dat Indië in die aanval betrokke was nie.

Indië en Pakistan was vroeër die maand betrokke in wedersydse vyandelikhede ná ’n aanval op Kasjmir gelei het tot Indië wat vermeende terroriste-teikens in Pakistan aangeval het.

Bronne: BBC, CNN, Gulf Today

Lees ook: Vier dood en 20 beseer toe voertuigbom in Pakistan ontplof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief