Vier dood en 20 beseer toe voertuigbom in Pakistan ontplof

Lees ook :

Vier dood en 20 beseer na bom ontplof in voertuig in Pakistan fotokrediet: X

PAKISTAN. – Vier mense is dood en 20 is beseer ná ’n bom Sondag in ’n voertuig naby ’n mark in Baloetsjistan, Pakistan, ontplof het.

Lees ook: Pakistan en Indië bereik skietstilstand

Die ontploffing het in Qillah Abdullah naby die grens met Afghanistan plaasgevind. Die adjunkkommissaris, Abdullah Riaz, het gesê verskeie winkels en ’n gebou waarin die weermag gehuisves word, is in die ontploffing beskadig.

Nog geen groep het aanspreeklikheid vir die bomaanval aanvaar nie, maar die vermoede is dat Baloch-separatiste vir die aanval verantwoordelik is.

Die woordvoerder vir die Baloetsjistanse regering, Shahid Rind, het gesê die bomaanval word ondersoek.

Bronne: Euronews, Times of India, NDTV

Lees ook: Pakistan en Indië bereik skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief