Afrikaans is 100-munt bekendgestel, Donald Trump koop een

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

GAUTENG. – Die Afrikaans is 100-munt, wat privaat vervaardig is, is Donderdagaand by Monte de Dios Country Boutique Hotel in Pretoria glansryk bekendgestel. Volgens Fanie Nel van die Coleske Groep is rekords gebreek en het pres. Donald Trump boonop munt no. 47 gekoop.

“In ’n skitterende viering van kultuur, erfenis en vakmanskap, het Afrimunt gisteraand die beperkte uitgawe ‘Afrikaans is 100’-gedenkmuntversameling onthul – en Suid-Afrikaanse geskiedenis gemaak,” het hy gesê.

Volgens ‘n verklaring is die eksklusiewe geleentheid wêreldwyd uitgesaai. Die 1 oz goue munt is onderskeidelik vir R358 000, die 1oz silwer munt vir R53 200 en die 1oz brons munt vir R30 200 verkoop.

Nel sê voorts 100 beperkte goue munte is teen R124 000 elk beskikbaar gestel en die eerste 30 het binne minute uitverkoop. Wat hy as ‘n hoogtepunt beskryf, is toe daar aangekondig is dat een van die munte na Trump onderweg is. Dit het die relevansie en prestige van die munt wêreldwyd verhoog.

“Hierdie is nie net ’n munt nie – dit is ’n lewende huldeblyk aan ’n eeu van Afrikaanse kultuur. Die energie en aanvraag wat ons gisteraand gesien het, bewys dat hierdie versameling reeds ’n ikoon geword het,” sê Albertus Potgieter, woordvoerder van Afrimunt.

Die volgende eksklusiewe bekendstelling, met slegs 70 munte wat oor is, vind in Kaapstad plaas. Nel moedig versamelaars en beleggers aan om vinnig op te tree want, sê hy, geskiedenis wag vir niemand nie.

“Mis dit nou, en jy mag dalk nooit weer die kans kry om dit te besit nie. As jy belangstel om ’n deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis te besit, besoek gerus www.afrikaansis100.co.za.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief