Lewenslange tronkstraf vir pa wat kind met trekkoord vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Siyabonga Innocent Shezi (30) is lewenslange tronkstraf deur die Pinetown-streekhof opgelê nadat hy sy agtjarige biologiese seun in Januarie 2023 in die Shongweni-gebied vermoor het. Hy het sy seun met ‘n trekkoord van sy broek verwurg. Daar was ook tekens die kind met ‘n stomp voorwerp oor sy kop geslaan is.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê Shezi het voor die moord die kind by sy voormalige vriendin se huis gaan haal, glo om tyd saam by sy familiehuis te spandeer. In plaas daarvan het hy die kind na ’n nabygeleë rivier geneem waar hy hom verwurg en oor die kop geslaan het. Daarna het hy sy voormalige vriendin se suster gebel en aan haar gesê dat hy sy kind doodgemaak het en ook waar die kind se liggaam was. Die voorval is by die polisie aangemeld en Shezi is daarna in hegtenis geneem.

;n Patoloog het getuig dat die kind dood is aan verwurging een aan trauma aan sy kop.

Shezi is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis en is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief