Liggaam van vermiste 7-jarige deur vissermanne gekry

Lees ook :

Foto: Tripadvisor

OOS-KAAP. – Die liggaam van ’n 7-jarige seun wat Sondag in die branders by Mdumbi vermis geraak het, is Dinsdagaand gevind en herwin.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê plaaslike vissermanne het die kind aangetref in die omgewing waar hy vermis geraak het. Die polisie, gesinslede en die departement van gesondheid se forensiese lykskouingsdienste was op die toneel teenwoordig waar die liggaam gekry is.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek-dossier geopen.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief