OEKRAÏNE. – Drie reddingswerkers is dood en 49 is beseer ná Rusland vanoggend cverskeie aanvalle op dié land geloods het.
Lees ook: Oekraïne sê Rusland oortree skietstilstand
Dit volg ná die Russiese president, Wladimir Poetin, pres. Donald Trump van Amerika ingelig het dat hy die Oekraïne gaan aanval – uit weerwraak ná daardie land talle Russiese vliegtuie vernietig het.
Oekraïense owerhede het gesê Rusland het sowat 400 hommeltuie en meer as 40 vuurpyle in die aanval gebruik. Volgens Rusland het dit 174 Oekraïense hommeltuie en drie vuurpyle oor die Swart See vernietig.
Bronne: BBC, Sky News, Yahoo News





