Amerika stel sanksies in teen regters van Internasionale Geregshof oor ‘teiken’ van Israel, VSA

Lees ook :

VSA stel sanksies in teen regters van Internasionale Geregshof oor ‘teiken’ van Israel en VSA fotokrediet: Canva

VSA. – Amerika het sanksies ingestel teen vier regters by die Internasionale Geregshof omdat hulle dié land, asook Israel, sou “teiken”.

Lees ook: Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat sy departement sanksies gaan instel teen die regters wat sal keer dat hulle die VSA kan binnekom. Die eiendomme en belange van dié regters in die VSA sal ook geblokkeer en aan die tesourie gerapporteer word.

Die vier regters is Solomy Balungi Bossa van Uganda, Luz del Carmen Ibáñez Carranza van Peru, Reine Adelaide Sophie Alapini Gansou van Benin en Beti Hohler van Slowenië.

Die Internasionale Geregshof het gesê die sanksies is ’n “duidelike poging om die onafhanklikheid van die hof te ondermyn”.

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het egter Rubio en pres. Donald Trump daarvoor geloof en het gesê hulle het “vir die reg van Israel opgestaan”.

Bronne: BBC, IOL, CNN

Lees ook: Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief