NEW YORK, VSA. – Regter Lewis Liman het gister die naamskendingsaak van $400 miljoen deur die akteur, Justin Baldoni, teen die aktrise, Blake Lively, van die rol geskrap.
Lees ook: Blake Lively laat vaar twee aanklagte teen Justin Baldoni
Lively het verlede jaar ’n regsaak teen Baldoni aanhangig gemaak omdat hy na bewering haar seksueel geteister en ’n veldtog begin het om haar reputasie te ruïneer. DIt het glo gebeur terwyl hulle aan die rolprent It Ends With Us gewerk het. Sy het in ’n onderhoud met die New York Times op haar aantygings uitgebrei.
Baldoni het toe vir Lively, haar man, Ryan Reynolds, hul reklame-agent en die New York Times vir naamskending gedagvaar.
Regter Liman het gesê Lively se aantygings van seksuele teistering is deur die wet beskerm. Liman het ook Baldoni se $250 miljoen saak teen die New York Times van die rol geskrap omdat daar geen bewyse was dat dié nuusmaatskappy kwaadwillig opgetree het nie.
Liman het gesê Baldoni kan teen 23 Junie weer ’n saak teen Lively maak as dit gaan oor sy bewerings dat Lively met sy kontrakte ingemeng het.
Bronne: BBC, Sky News, The Sun
Lees ook: Blake Lively laat vaar twee aanklagte teen Justin Baldoni





