Doodsondersoek ná man glo gif drink ná beskuldiging van verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die Leslie-polisie ondersoek die dood van ‘n 45-jarige man wat glo Donderdag gif gedrink het voor hy op ‘n aanklag van verkragting in hegtenis geneem kon word.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen. Volgens inligting het die beweerde seksuele misbruik in 2017 begin toe die meisie 17 jaar oud was. Sy het haar ma eers in 2024 van die voorvalle vertel. Die moeder, diep ontsteld, het van die verdagte geskei, maar het die voorvalle nie in daardie stadium by die polisie aangemeld nie.

Die situasie het in 2025 vererger toe die verdagte na bewering begin het om beide die moeder en dogter, wat nou 25 jaar oud is, by hul woonadres te teister. Dit het die slagoffer en haar moeder aangespoor om die saak aan te meld, waarna ‘n klag van verkragting geopen is. Voordat die verdagte gearresteer kon word, het hy glo Donderdag ’n familielid gebel en gesê hy het gif gedrink omdat ’n verkragtingsaak teen hom oopgemaak is. Nooddienste en die polisie het hulle na die man gehaas, maar hy is op die toneel dood verklaar.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief