Israel en Iran is steeds besig om mekaar aan te val nadat Israel Vrydag Iran se kernaanlegte aangeval het en Iran weerwraak geneem het.
Lees ook: Trump eis Iran moet kernooreenkoms aangaan ‘voor dit te laat is’
Israeliese owerhede het gesê 10 mense in Israel is gedood en meer as 100 is in Iran se weerwraak beseer. Luidens Iranse media het die gesondheidsministerie gesê 128 Iranse burgers is dood en 900 is Saterdag deur Israeliese aanvalle beseer.
Volgens Israeliese owerhede is huise en ’n 10-verdieping woonstelblok deur Iran geteiken.
Die olieministerie in Teheran het gesê Israel het die Shahran-oliedepot getref.
Bronne: BBC, ABC News, NBC News
Lees ook: Trump eis Iran moet kernooreenkoms aangaan ‘voor dit te laat is’





