Sewe mense dood in helikopterongeluk in Indië

Lees ook :

Sewe mense dood in helikopterongeluk in Indië fotokrediet: X

INDIЁ. – Sewe mense, insluitend ’n kleuter (2), is Sondag dood in ’n helikopterongeluk in Uttarakhand, Indië.

Lees ook: Dodetal in Air India-ramp styg steeds

Luidens plaaslike nuusberigte het die helikopter van Kedarnath langs ’n gewilde Hindoe-pelgrimsroete op pad na die Himalaya-berge gevlieg.

Reddingspanne is onmiddellik uitgestuur en het met die plaaslike polisie saamgewerk om die liggame uit die wrak te bevry. Een kleuter was onder die passasiers in die helikopter.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die direkteur-generaal van siviele lugvaart het gesê hulle ondersoek die ongeluk.

Bronne: BBC, EWN, Daily Mail

Lees ook: Dodetal in Air India-ramp styg steeds

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief