AHMEDABAD. – Die dodetal in die Air India-vliegramp het tot 270 gestyg ná nog liggame gevind is. 241 mense het in die vliegtuig omgekom, maar dit is nog onbekend hoeveel op die grond gedood is nadat die vliegtuig Donderdag op ’n koshuis neergestort het kort nadat dit opgestyg het.
Lees ook: Agt mense op grond dood in vliegtuigongeluk
Die vliegtuig was op pad van Ahmedabad na Gatwick, Londen, toe dit ná minder as 60 sekondes op ’n koshuis vir mediese studente neergestort het.
’n Vlugopnemer is Vrydag op die toneel van die ongeluk gekry.
Die ondersoek na die vliegongeluk duur voort, terwyl steeds na liggame gesoek word.
Bronne: BBC, CBS News, Evening Standard





