KWAZULU-NATAL. – ’n Man in sy dertigs is Saterdag in die vroeë oggendure in ’n noodlottige enkelvoertuigongeluk op die M13 naby die Salisbury-afrit in Westville oorlede. Luidens nooddiensverslae het die bestuurder van ‘n bakkie beheer verloor, waarna dit deur ‘n huis gebars het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle paramedici, asook van ER24 het by die toneel opgedaag en die bestuurder, wat die enigste insittende was, ondersoek. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk is tans onbekend. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en metropolisie was op die toneel en ondersoek die voorval verder.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





