Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku oor ’n kouefront wat die land dié week gaan tref, met koue temperature en reën langs die kus.
Lees ook: Kouefront duur voort tot Saterdag
Daar is ’n moontlikheid van sneeu in die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap op Woensdag.
Waarskuwings is uitgereik vir erge deinings en wind in die kusdele van die land. Mense word herinner om troeteldiere in die huis te hou en om seker te maak vee het ’n warm plek om te skuil.
Bronne: SAWD
Lees ook: Kouefront duur voort tot Saterdag





