Hofsaak teen 12 SANW-beamptes uitgestel vir borgtogaansoek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die saak teen 12 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is vir ‘n borgtogaansoek tot 1 Julie uitgestel. Luidens ’n hofbevel mag die identiteit van die beskuldigdes nie bekend gemaak word nie. Die beamptes is onder meer op aanklagte van die moord op lt.kol. Frans Mathipa en ontvoering in hegtenis geneem.

Nuusflits het vroeër berig twee weermaglede is in hegtenis geneem. Lt.kol. Christopher Singo sê in ‘n verklaring aan Nuusflits nog 10 verdagtes is Maandag in hegtenis geneem, nadat hulle by die Valke se ondersoekbeamptes in Johannesburg aangemeld het.

Die inhegtenisnemings hou verband met die moord op lt.kol. Frans Mathipa, wat op 6 Augustus 2023 doodgeskiet is terwyl hy op die N1 naby Hammanskraal gery het. Sy voertuig het daarna in ’n sloot beland. Wyle Mathipa was verbonde aan die Valke se eenheid vir misdade teen die staat, wat binne die raamwerk van die ernstige georganiseerde misdaadondersoeke-eenheid in Gauteng val. Hy was ten tyde van sy moord aan diens en besig met ‘n ondersoek.

Die verdagtes word ook verbind met die ontvoering van twee buitelandse burgers op 29 Desember 2025 by ’n winkelsentrum in Midrand.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief