WES-KAAP. – Die kouefronte oor die naweek het swaar reën en oorstromings na die Wes-Kaap gebring.
Lees ook: Drie mans in Mfuleni doodgeskiet
Volgens die Stad Kaapstad is die bestuurstak vir informele nedersettings besig om inwoners te help wat deur die swaar reën en kouefronte beïnvloed is. Verskeie nie-winsgewende organisasies en ander vennote is besig om humanitêre hulp uit te deel.
Gift of the Givers se woordvoerder, Ali Sabay, het gesê hulle spanne werk hard om die mense te help wat deur die reën en oorstromings geraak is. Volgens Sablay werk die spanne ondermeer in Khayelitsha, Langa, Gugulethu, Heideveld, Nyanga, Sir Lowry’s Pass Village, Nomzamo en Lwandle.
Bronne: IOL, SABC News, African News Agency
Lees ook: Drie mans in Mfuleni doodgeskiet





