KYK: Minister verwerp bewerings deur KZN-polisiehoof

Lees ook :

Foto: Senzo Mchunu Facebook

Senzo Mchunu, die polisieminister, het bewerings wat deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal gemaak is, as ongegrond verwerp.

Kamogelo Mogotsi, woordvoerder van die polisieminister, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits hy was die naweek in sy hoedanigheid as lid van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC by ‘n veldtog in Vryheid, KZN, voor die tussenverkiesings op 16 Julie plaasvind. Gedurende sy besoek het die minister gemeenskapsgroepe, insluitend tradisionele leiers, gemeenskapsorganisasies en kommersiële boere oor misdaadbekamping, met spesifieke fokus op veediefstal, toegespreek. Terwyl hy in gesprek met rolspelers was, is hy in kennis gestel van ’n media-inligtingsessie deur Mkhwanazi waarin verskeie bewerings oor uiteenlopende kwessies gemaak is.

Mogotsi sê die polisieminister sal nooit toelaat dat sy integriteit, dié van die ministerie of die SAPD deur bewerings sonder bewyse of behoorlike prosesse nie – van enige persoon, insluitend lt,genl. Mkhwanazi, ondermyn word nie: “Ons sal die provinsiale kommissaris se uitlatings hersien en gepaste stappe oorweeg.”

Luidens die verklaring verg die bewerings wat in die openbaar gemaak is ’n dringende, deeglike en deursigtige ondersoek op ’n toepaslike platform.

Mogotsi bevestig die minister se verbintenis tot die oppergesag van die reg, aanspreeklikheid binne die SAPD, en die diens van die mense van Suid-Afrika met integriteit. Hy fokus veral op die vermindering van die hoë moordsyfer, onwettige vuurwapens, dwelmhandel en -sindikate, asook geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord – met spesifieke aandag in KwaZulu-Natal, Gauteng, die Oos-Kaap en Wes-Kaap.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief