President neem kennis van bewerings deur KZN-polisiehoof

Lees ook :

Fotokrediet Wikipedia

President Cyril Ramaphosa neem kennis van bewerings wat Sondag deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, gemaak is. Mkhwanazi het tydens ’n mediakonferensie by die SAPD se provinsiale hoofkantoor verskeie bewerings gemaak rakende beweerde inmenging met die werk van die polisie se taakspan wat politieke moorde ondersoek.

Luidens ‘n verklaring van die presidensie sien president Ramaphosa hierdie as ’n saak van ernstige kommer oor nasionale veiligheid wat die hoogste vlak van aandag sal geniet. “Dit is van kardinale belang dat die integriteit van die land se veiligheidsdienste beskerm word en dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word.”

Die president het ook alle partye tot dissipline en selfbeheersing gemaan. “Die uitruil van beskuldigings en teenbeskuldigings bedreig die publiek se vertroue, saai verwarring, en skaad die eenheid en fokus van die polisie,” het hy gesê.

Volgens die presidensie sal die president die stappe uiteensit wat in dié verband geneem gaan word wanneer hy terug is van die Brics-leiersberaad wat tans in Rio de Janeiro, Brasilië, plaasvind.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief