President Cyril Ramaphosa het verklaar dat die voormalige adjunkpresident, David Mabuza, ’n kategorie 2-staatsbegrafnis op 12 Julie sal kry.
Lees ook: David Mabuza se begrafnis gereël vir volgende week
’n Kategorie 2-staatsbegrafnis word slegs vir adjunkpresidente, die huidige president en voormalige adjunkpresidente gehou. Die begrafnis sal met voorgeskrewe militêre seremoniële eerbewyse gehou word.
Ramaphosa het dae van rou aangekondig wat vandag begin en tot Saterdagaand sal aanhou. Die nasionale vlag sal tydens die rouperiode halfmas hang.
Mabuza is op 3 Julie ná ’n kort siekbed oorlede.
Bronne: SA Regering
Lees ook: David Mabuza se begrafnis gereël vir volgende week





