Minstens 27 mense oorlede ná militêre vliegtuig op skool neerstort

Lees ook :

Minstens 27 mense oorlede ná militêre vliegtuig op skool neerstort fotokrediet: X

BANGLADESJ. – Minstens 27 mense, insluitend 25 kinders, is dood ná ’n militêre vliegtuig op ’n skool neergestort het. Altesaam 171 mense is in die ongeluk beseer, van wie 50 met brandwonde in hospitale opgeneem is.

Lees ook: Verskeie mense oorlede nadat militêre vliegtuig op skool neerstort

Volgens die weermag het die vliegtuig glo ’n meganiese fout ondervind nadat dit opgestyg het vir ’n oefeningoperasie. Die vlieënier is een van die oorledenes. Hy het “elke poging aangewend om die vliegtuig weg te draai van gebiede met baie mense”.

Owerhede is besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. ’n Dag van rou en gebed is ná die ongeluk aangekondig.

Bronne: BBC, CNN, Hindustan Times

Lees ook: Verskeie mense oorlede nadat militêre vliegtuig op skool neerstort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief