LOS ANGELES, VSA. – ’n Man (29) word aangekla op 74 aanklagtes, insluitend 37 aanklagtes van poging tot moord, nadat hy Saterdag met sy voertuig in ’n skare in Los Angeles ingeploeg het. Hy word ook aangekla van 37 aanklagtes van aanranding met ’n dodelike wapen.
Lees ook: Dodetal styg ná militêre vliegtuig op skool neerstort
Fernando Ramirez het Saterdag glo met opset met sy voertuig in ’n skare mense ingery wat The Vermont Hollywood verlaat het ná ’n reggae/hip-hop-geleentheid.
Altesaam 37 mense is in die ongeluk beseer, met sommige wat onder die voertuig vasgesit het. Omstanders het Ramirez aangeval nadat hy sy voertuig in die skare ingeploeg het en ’n man het hom in sy laerug geskiet. Dié man is steeds nie in hegtenis geneem nie.
Ramirez het ’n geskiedenis van aanranding nadat hy in 2019 skuldig bevind is aan die aanranding van ’n man by ’n supermark, ’n aanranding, asook bende-verwante aanklagte in 2014, ’n klag van huishoudelike geweld in 2021 en ’n aanklagte van dronkbestuur in 2024. Hy was op borg in ’n aparte saak toe hy in die skare ingejaag het.
Bronne: The Independent, USA Today, NBC News
Lees ook: Dodetal styg ná militêre vliegtuig op skool neerstort





