Twee dood en twee beseer ná vliegtuig op hoofweg neerstort

Lees ook :

Twee dood en twee beseer ná vliegtuig op hoofweg neerstort fotokrediet: Skermgreep X

ITALIЁ. – Twee mense is Dinsdag dood en twee motoriste is beseer ná ’n klein vliegtuig op ’n hoofweg in Brescia, Italië, neergestort het.

Lees ook: Oorsaak van sjef Anne Burrell se dood bekend

Die twee insittendes van die vliegtuig – vlieënier en prokureur Sergio Ravaglia (75) van Milaan en sy lewensmaat, Ann Maria De Stafano (60) – is in die ongeluk dood.

Twee motoriste is beseer toe die vliegtuig op die hoofweg, voorkant eerste, neergestort het en aan die brand geraak het.

Getuies het aan die plaaslike media gesê dit het gelyk of Ravanglia probeer het om ’n noodlanding op die hoofweg te maak, maar nie genoeg spoed gehad het nie, wat veroorsaak het dat die vliegtuig beheer verloor en neerstort.

Die kantoor van die openbare aanklaer van Brescia het ’n manslagondersoek aangaande die ongeluk begin.

Bronne: New York Post, Daily Mail, The Mirror

Lees ook: Oorsaak van sjef Anne Burrell se dood bekend

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief