Naledi publiseer Fanie van der Merwe, ‘n reisiger van formaat (volg hom hier op Facebook), se reisboek getiteld Fanie os oppie jas.
Die lokteks op die agterblad lui: “Met hierdie versameling reisstories neem Fanie die leser op ‘n warrelwindbesoek aan agt lande wat weinig op die gemiddelde reisiger se radar verskyn – Noord-Korea, Mianmar, Kambodja, Tibet, die Filippyne, Thailand, België en die uithoeke van die VSA. Pittige anekdotes, asemrowende foto’s en lighartige geskiedenisverwante vertellings maak van dié boek ‘n reisbundel soos wat nog selde in Afrikaans gesien is. Die vertellings sal verbluf en die foto’s sal betower, maar dis die humoristiese, tong-in-die-kies observasies wat selfs die mees huisvaste Jan Tuisblyer sal laat jeuk vir ‘n internasionale reis.”
Fanie is ‘n geskiedenisonderwyser wat by internasionale skole klasgee en só die geleentheid kry om te reis. Hy het al meer as vyftig lande besoek. Sy vrou en seun vergesel hom soms op sy reise.
Fanie os oppie jas beslaan 344 bladsye en dosyne kleurfoto’s. QR-kodes neem lesers na nóg foto’s, video’s en vertellinge. Die boek gee aan lesers ‘n opvoedkundige en vermaaklike leeservaring. Dit bied boonop ‘n interaktiewe lees- en kykervaring. Fanie deel ook die geskiedkundige agtergrond van die plekke wat hy besoek.
Skaf gerus jou kopie van Fanie van der Merwe se Fanie os oppie jas hier aan. Dit kos slegs R350,00 per eksemplaar.
Lees hier ‘n uittreksel uit Wilde vere deur Hendie Grobbelaar.





