Vrou dood in beweerde huishoudelike voorval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou in haar laat veertigs is Saterdag net ná middernag ná ’n beweerde huishoudelike voorval dood aangetref. Talle noodoproepe is ontvang, waarna nooddienste na die toneel in Finfootweg, Woodlands, suid van Durban, is.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici is op die toneel deur die polisie die huis binnegelei waar hulle op ’n grusame toneel afgekom het. Daar word beweer die vrou is herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp tydens ‘n huishoudelike rusie gesteek. Sy is op die toneel aan haar beserings oorlede. ’n Man, ook in sy veertigs, is met veelvuldige steekwonde op die toneel aangetref. Hy was in ’n ernstige toestand en paramedici moes hom stabiliseer voordat hy onder polisiebewaking na ’n nabygeleë hospitaal geneem is.

Jamieson sê voorts die presiese omstandighede aangaande die voorval is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief