NEW YORK, VSA. – Die verdagte wat vier mense, insluitend polisiebeampte Didarul Islam, Dinsdag doodgeskiet het, wou die NFL teiken, maar het die verkeerde hysbak gebruik.
Lees ook: Vier mense in New York City doodgeskiet in gebou met groot name
New York se burgemeester, Eric Adams, het gesê Shane Tamura van Las Vegas het die National Football League geteiken omdat hy hulle vir ’n breinbesering blameer het. Tamura het nooit vir die National Football League gespeel nie, maar het rugby op skool gespeel.
Adams het gesê Tamura het ’n nota by hom gehad waarin hy die National Football League blameer het vir sy breinbesering wat deur koptrauma veroorsaak is en volgens hom sy geestesprobleme veroorsaak het. Hy het aan chroniese traumatiese ensefalopatie gely, ‘n breintoestand as gevolg van herhaaldelike houe teen die kop.
Tamura het Islam, pa van twee jong seuns en eggenoot van ’n swanger vrou, doodgeskiet, asook ’n vroulike werker van die Blackstone-beleggingsfirma en nog twee mense. ’n National Football League-werker is in die skietery gewond. Dit is onbekend hoeveel mense in die aanval gewond is.
Burgemeester Adams het gesê ’n voorlopige ondersoek wys dat Tamura die verkeerde hysbak gebruik het en na die kantoor van Rudin Management, wat die gebou besit, gegaan het.
Bronne: BBC, Sky News, The Independent
Lees ook: Vier mense in New York City doodgeskiet in gebou met groot name





