Duisende straatslapers in Kaapstad gehelp

Lees ook :

Foto: Stad Kaapstad

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad se departement vir gemeenskaps-, kuns- en kultuurontwikkeling het gedurende die 2024/2025-boekjaar as deel van hulle verskeie doelgerigte ingrypings meer as 36 500 straatslapers gehelp.

Anthea Hartzenberg, die uitvoerende ondersteuningsbeampte vir die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê in ‘n verklaring ‘n totaal van 5 073 mense is deur middel van skuilingplasings, familieherenigings en ander vorme van herintegrasie van die straat af gehelp. Daarvan het 691 mense aan ontwikkelingsprogramme by veilige sones in die stad deelgeneem, 80 het werksgeleenthede deur die EPWP gekry en 627 is vir toelaes, ID’s, sorgfasiliteite of dwelmmisbruikbehandeling verwys.

Een van die mense wat gehelp is, is Legidas Ndaviragiye (40), wat ná twee jaar van bystand vroeër vanjaar na sy geboorteland Burundi teruggekeer het. Legidas was wettiglik in die land, maar het ‘n moeilike tyd beleef nadat ‘n brand sy huis vernietig het en hy nie alternatiewe plek gehad het om te bly nie.

“Ons is ernstig oor die herstel van waardigheid en die lewensverandering van mense op straat,” het raadslid Francine Higham gesê.

Die Stad se 2025/2026-begroting maak voorsiening vir R9,9 miljoen vir die uitbreiding van veilige sones, asook bykomende geld vir ondersteuningsprogramme en werksgeleenthede vir straatslapers.

Lees die volledige verklaring hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief