Nasionale vervoerveiligheidsraad sê helikopter wat bots, het foutiewe meters gehad

Lees ook :

Nasionale vervoerveiligheidsraad sê helikopter in botsing het foutiewe meter gehad fotokrediet: X Skermgreep

WASHINGTON, VSA. – Die nasionale vervoerveiligheidsraad (NTSB) het tydens ’n verhoor bevind die Black Hawk-helikopter wat met ’n American Airlines-vliegtuig gebots het, het foutiewe hoogtemeters gehad.

Lees ook: Voorlopige data van AA- en Black Hawk-vlugte wys teenstrydige hoogtelesings

Die nasionale vervoerveiligheidsraad het gesê die foutiewe meters het die verkeerde hoogte gewys, wat veroorsaak het dat die helikopter te hoog gevlieg het.

Al 64 passasiers en bemanning op die American Airlines-vliegtuig en die drie bemanningslede op die Black Hawk-helikopter is op 29 Januarie in die botsing oorlede.

Die nasionale vervoerveiligheidsraad het gesê dit is nog besig met die ondersoek oor die oorsaak van die ongeluk. Die finale ondersoekverslag sal waarskynlik teen Januarie 2026 vrygestel word met moontlike beleidsvoorstelle.

Bronne: BBC, ABC News, Fox News

Lees ook: Voorlopige data van AA- en Black Hawk-vlugte wys teenstrydige hoogtelesings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief