Verdagte op aanklag van 6-jarige se moord en verkragting vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Verdagte (26) is Dinsdag in Morokweng vir die beweerde verkragting en moord op ‘n meisie (6) Saterdagaand in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring gesinslede het Saterdagaand na Morokweng gery. Die oorledene se ma het uit die voertuig geklim en is na ‘n drinkplek (tavern), gevolg deur haar dogter. Na enkele minute het die ma alleen teruggekeer, in die voertuig geklim en gery.

Sy het skielik agtergekom haar kind is vermis en het stilgehou. Terug by die taverne kon die kind nie opgespoor word nie. Die plaaslike polisie is Sondagoggend ontbied nadat die meisie se halfnaakte liggaam by die ingang na ‘n puttoilet aangetref is.

Mokgwabone sê die polisie het ‘n moordsaak geopen. Die verdagte is tydens ‘n voorlopige ondersoek in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag op aanklagte van verkragting en moord in die Ganyesa-landdroshof verskyn. “Hierdie saak ’n duidelike voorbeeld van ernstige kinderverwaarlosing en sal deeglik ondersoek word. ‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen om kalm te bly, die ondersoekspan die nodige ruimte te gee om hul werk te doen en om enige onwettige optrede te vermy,” het Mokgwabone gesê.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief