Huisinbrake neem toe – veiligheidskenner waarsku teen georganiseerde misdaad

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Volgens die jongste SAPD-verslag het huishoudelik inbrake landwyd, veral in Gauteng, KZN en die Wes-Kaap, met meer as 12% toegeneem. Specialised Security Services waarsku dat misdaadgroepe toenemend gesofistikeerd optree, dikwels tydens beurtkrag en met hulp van binne-inligting.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) gee die volgende wenke om te voorkom dat jy ‘n moontlike slagoffer van ‘n inbraak is. Hy sê pro-aktiewe optrede is beter as om te wag. Om noodnommers gemaklik byderhand te hê, word ook aanbeveel.

Algemene taktiek van die inbreker

  • Teiken huise sonder alarmstelsels of met swak fisiese sekuriteit
  • Kry inligting wat via kontrakteurs of bure uitgelek word.
  • Neem bewoners se daaglikse roetine waar.
  • Maak gebruik van onbeskermde toegangspunte soos agterdeure of motorhuise.

Aanbevole veiligheidmaatreëls

  • Installeer tralies, sekuriteitshekke, bewegingsligte en sterk hekke.
  • Gebruik betroubare alarmstelsels, CCTV en slim sekuriteitstegnologie.
  • Vermy sosialemediaplasings wat op afwesigheid dui.
  • Verskaf sekuriteitsopleiding aan huishoudelike werkers en kinders.
  • Wissel daaglikse roetine af en let op vreemde voertuie of persone.

Versekering
Verseker dat jy aan die minimum sekuriteitsvereistes voldoen, soos tralies, hekwerk en ‘n werkende alarm gekoppel aan gewapende reaksie. Bewys van besit (bv. foto’s, reeksnommers, kwitansies) is noodsaaklik vir eise.

Onmiddellike aksie

  • Sluit aan by jou plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).
  • Begin ‘n WhatsApp-groep vir jou straat of sluit by ‘n bestaande een aan.
  • Doen ’n sekuriteitsoudit of kry professionele hulp.
  • Sit sigbare sekuriteitsborde op.
  • Meld verdagte aktiwiteit onmiddellik aan.

Noodnommers

  • SAPD: 10111
  • Privaat sekuriteitsverskaffer se 24/7 nommer
  • Mike Bolhuis se span: WhatsApp-kanaal

Lees meer hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief