GQEBERHA. – Die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die moord Donderdagmiddag 31 Julie op die streekhofaanklaer, Tracy Brown, van die New Brighton-landdroshof in Gqeberha, veroordeel.
Lees ook: Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel
Tracy Brown is voor haar lewensmaat en minderjarige kind doodgeskiet toe sy by haar huis in Lawtonstraat in Young Park aangekom het. Die motief vir die moord is nog onbekend en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
Brown se dood volg net maande nadat nog ’n aanklaer van Ngcobo in Mthatha doodgeskiet is.
Minister Kubayi het haar medelye teenoor die vriende, familie en kollegas van Brown uitgespreek en gesê veiligheidsmaatreëls wat die nasionale vervolgingsowerheid vir aanklaers in plek het, moet hersien word, veral in die Oos-Kaap.
Bronne: SA Regering





