Wêreldleiers veroordeel video’s van Israeliese gyselaars in Gasa

Lees ook :

Evyatar David fotokrediet: X

GASA. – Wêreldleiers veroordeel onlangse video’s wat deur Hamas vrygestel is van die gyselaars wat in Oktober 2023 ontvoer is.

Lees ook: Vier vrouens in twee maande vermoor – polisie ondersoek verband

Die Palestynse Islamitiese Djihad het Donderdag ’n video van ‘n uitgeteerde, huilende Rom Braslavski vrygestel en Hamas het Saterdag ’n video van Evyatar David vrygestel.

Israeliese leiers het Hamas beskuldig dat die gyselaars uitgehonger word. Hamas se gewapende afdeling het ontken dat dit doelbewus gyselaars uithonger en het gesê die gyselaars eet wat hulle vegters en hulle mense in Gasa eet.

Hamas het gesê dit sal die Rooi Kruis toelaat om hulp aan die gyselaars te bied as Israel die humanitêre roetes permanent oopmaak en “alle forme van lugverkeer tydens aflewerings stop”.

Die VK se buitelandse sake-sekretaris David Lammy het gesê die “beeldmateriaal van gyselaars wat vir propaganda geparadeer word maak mens siek” en hy het gesê hulle moet “onvoorwaardelik” vrygelaat word.

Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, het gesê hy is “afgestoot” deur die beelde en dat die vrylating van alle gyselaars ’n vereiste vir ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas is.

Frankryk se president, Emmanuel Macron, het gesê Frankryk werk vir die vrylating van die gyselaars, die instel van ’n skietstilstand en die toelaat van humanitêre hulp in Gasa.

Hy het gesê die poging moet deur ’n politieke oplossing vergesel word, met ’n tweestaat-oplossing“ met Israel en Palestina wat sy aan sy in vrede leef”.

Frankryk, Kanada en die VK het onlangs aangekondig dit gaan Palestina onder sekere omstandighede as ’n staat erken, insluitend dat ’n skietstilstand bereik moet word. Israel het die besluit veroordeel.

Bronne: BBC, Sky News, Times of India

Lees ook: Vier vrouens in twee maande vermoor – polisie ondersoek verband

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief