NEW JERSEY, VSA. – ’n Walvis is dood nadat dit Saterdagmiddag deur ’n motorboot in New Jersey getref is.
Lees ook: Wêreldleiers veroordeel video’s van Israeliese gyselaars in Gasa
Volgens die Marine Mammal Stranding Center is hulle Saterdag gebel om ’n 20-voet Minke-walvis in die baai weg te lei.
Voor hulle die walvis uit die baai kon weglei, is dit deur ’n motorboot getref en ure later dood verklaar.
’n Getuie het ’n video opgeneem wat wys hoe die walvis onder die boot inswem, die boot kantel en ’n vrou in die water val. Die vrou is nie beseer nie en is weer vinnig in die boot gehelp.
Volgens die Marine Mammal Stranding Center sal die walviskarkas na ’n park daar naby geneem word vir ’n outopsie wat ure kan neem om te voltooi.
NEW: A whale has passed away after colliding with a boat in Barnegat Bay, New Jersey.
— Collin Rugg (@CollinRugg) August 3, 2025
Insane footage shows the whale bashing the boat, nearly capsizing it, and sending a passenger overboard.
According to the Marine Mammal Stranding Center, the whale was in very shallow… pic.twitter.com/N2hQPV4Sny
Bronne: The Indepedent, Sky News, USA Today
Lees ook: Wêreldleiers veroordeel video’s van Israeliese gyselaars in Gasa





