Vier SAPD- en ses EMPD-beamptes kry borg, saak uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Altesaam 10 verdagtes, insluitend vier van die SAPD en ses van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het Woensdag op aanklagte van diefstal in die Germiston-landdroshof verskyn. Hulle is elk op borgtog van R1 500 vrygelaat.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die saak hou verband met ’n klopjag op ‘n winkel in Edenvale wat op 4 Junie uitgevoer is. Die winkelier beweer dat die lede op kontant van R35 000, sigarette ter waarde van R150 000 en bokse Panado-tablette beslag gelê het. Hy beweer voorts slegs een sak is as bewysstuk by die polisiestasie geregistreer en die kontant is glo nie in die SAP13-register aangeteken nie.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 8 September uitgestel.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief