TOKIO. – Twee Japannese boksers is binne dae van mekaar oorlede nadat hulle in aparte gevegte breinbeserings opgedoen het.
Lees ook: Verwag onderbrekings in watertoevoer in Kaapstad tot Vrydag
Die Wêreldboksfederasie het Saterdag bevestig die twee boksers is oorlede ná gevegte by Tokyo se Korakuen Hall op 2 Augustus.
Shigetoshi Kotari (29) het kort ná ’n geveg van 12 rondtes ineengestort en is na ‘n hospitaal met bloeding op die brein gehaas. Hy is Vrydag oorlede.
Saterdag is Hiromasa Urakawa (28) dood nadat hy in die agtste rondte uitgeslaan is en ook bloeding op die brein opgedoen het. Urakawa het ’n operasie ondergaan, maar het steeds gesterf.
Die Japannese bokskommissie het Saterdag beslis alle gevegte van die Oriental- en Pacific-boksfederasie sal van 12 rondtes na 10 verkort word.
Bronne: DW – South Africa, BBC, CNN
Lees ook: Verwag onderbrekings in watertoevoer in Kaapstad tot Vrydag





