Voormalige polisiebeampte 20 jaar tronk toe vir moord

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Olson Mnisi (64), ‘n voormalige adjudant-offisier van Namakgale, wat intussen afgetree het, is vir die moord op kol. Matsitele, ‘n kollega, op 9 September 2018, tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Matsitele en konst. Mashego van Bosbokrand-polisiekantoor is op die betrokke datum na Namakgale om ’n verdagte in verband met ’n sakeroof en onwettige vuurwapenbesit in hegtenis te neem. Mnisi en twee ander polisiebeamptes het bystand verleen toe dit versoek is. Terwyl Matsitele en Mashego gesukkel het om die verdagte aan te keer, het Mnisi skote in hulle rigting geskiet. Konst. Hlungwane het ook ’n skoot geskiet. Matsitele is in die been en maag getref en is later in ‘n hospitaal oorlede.

Mnisi is aan moord en twee aanklagte van poging tot moord skuldig bevind. Hy is tot 20 jaar vir moord en agt jaar vir elke poging tot moord gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Konst. Hlungwane is van alle aanklagte vrygespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief