GAUTENG. – AfriForum se privaatvervolgingseenheid het by nog ‘n saak van beweerde verkragting ingegryp wat volgens die klaagster in Augustus 2022 sonder behoorlike ondersoek gesluit is. Die slagoffer onthou sy het ‘n drankie van die verdagte aanvaar en later in net ‘n handdoek in haar motor wakker geword.
Barry Bateman, die eenheid se woordvoerder sê, die klaagster het die voorval onmiddellik by die polisie aangemeld en ook mediese bewyse vir die saak verskaf. Die saak is egter binne weke gesluit en sy het eers daarvan gehoor toe die verdagte dit in die hof genoem het.
Volgens adv. Gerrie Nel is dit die tweede soortgelyke geval in ’n maand en wys dit op die stelsel se onvermoë om geslagsgebaseerde geweld te hanteer. Barry Bateman, woordvoerder, sê die polisie aanvaar dikwels die beskuldigde se weergawe wanneer die slagoffer nie kan onthou nie en slagoffers word swak deur owerhede behandel.
AfriForum het beklemtoon dat alle slagoffers met waardigheid en deernis hanteer moet word.
Druk hier om meer te lees. Lees ook hier onder ‘n uittreksel uit ‘n amptelike dokument oor die gebeure.

Lees ook meer hier onder:





