Verdagtes in skietgeveg met Valke dood

Lees ook :

Foto: Google Maps, ligging deur Valke voorsien

GAUTENG. – Drie verdagtes is Dinsdag in Uitbreiding 15, Mamelodi-Oos, tydens ‘n skietgeveg met lede van die Valke dood. Die Valke het inligting gekry oor ’n groep verdagtes wat glo in besit van onwettige vuurwapens is, waarna ‘n intelligensie-gedrewe operasie uitgevoer en die skietery ontstaan het.

Lt.kol. Christopher Singo, Valke-woordvoerder, sê ‘n skietgeveg het uitgebreek met die Valke, hoofwegpatrollie, lugvleuel en plaaslike polisie se aankoms by die perseel. Drie verdagtes is noodlottig gewond en een het van die toneel weggehardloop. Die polisie het ‘n AR-geweer en twee pistole op die toneel gekry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief