VSA. – Die Amerikaanse departement van justisie het die transkripsies van verlede maand se onderhoud tussen die adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, en Ghislaine Maxwell, vrygestel nadat vroeër vandeesmaand beslis is dit moet eers geheim bly.
Lees ook: Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra
Maxwell het tydens die 2-dag onderhoud gesê sy het nooit president Donald Trump “op enige manier in enige onvanpaste plek gesien nie”. Sy het gesê Trump en Epstein het “vriendelik gelyk” maar dat sy hulle net saam gesien het by “sosiale samekomste” en nie by privaat samekomste nie.
Maxwell het oor haar verhouding met die voormalige president, Bill Clinton, gesê: “Clinton was my vriend, nie Epstein se vriend nie”. Sy het gesê sy glo nie Clinton het ooit ’n massering gekry terwyl hy by Epstein was nie en dat hy op Epstein se vliegtuig was, maar nooit by die eiland nie.
Maxwell het vir Blanche gesê daar is geen lys van Epstein-kliënte nie en dat sy nie bewus is van enige boek met name in nie.
Sy het ook gesê sy glo nie Epstein het selfdood gepleeg nie, maar dat sy nie dink hy is doodgemaak om hom stil te maak nie, maar eerder oor ‘n “interne situasie” in die tronk.
Bronne: BBC, CBS News, NBC News
Lees ook: Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra





