Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra

Lees ook :

Ghislaine Maxwell deur justisiedepartement ondervra fotokrediet: X

VSA. – Ghislaine Maxwell is gister deur die departement van justisie oor Jeffrey Epstein ondervra. Haar prokureur, David Oscar Markus, het gesê sy het “elke liewe vraag” beantwoord.

Lees ook: Wetmakers stem om Ghislaine Maxwell te dagvaar vir getuienis oor Epstein-lêers

Donald Trump se voormalige prokureur en adjunkprokureur-generaal, Todd Blanche, het gesê hy gaan haar vandag verder ondervra en dat die departement inligting oor die ondervraging op die “regte tyd” sal deel. Verskeie politici en lede van die publiek is van mening dit is ‘n “konflik van belang” dat Trump se prokureur toegelaat word om Maxwell se ondervra.

Maxwell se ondervraging volg op die druk wat op Donald Trump se administrasie geplaas word om bewyse aangaande Epstein se saak vry te stel. Die FBI en departement van justisie het vroeër die maand gesê daar is geen Epstein-kliëntelys nie en dat Epstein selfdood gepleeg het. Volgens die FBI en departement sal geen verdere inligting vrygestel word nie.

Bronne: The Independent, The Hill, ABC

Lees ook: Wetmakers stem om Ghislaine Maxwell te dagvaar vir getuienis oor Epstein-lêers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief