Roof by kerke duur voort

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Sakeroof word ondersoek nadat drie verdagtes Sondag omstreeks 11:45 ’n kerk in Mkhuhlu, Calcutta, binnegestorm en gemeentelede van waardevolle items beroof het.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder sê die gewapende verdagtes het die gemeentelede beveel om op die grond te lê en daarna van hulle selfone, kontant en motorsleutels beroof. Hulle het in ’n wit VW Polo, wat aan een van die gemeentelede behoort, van die toneel gevlug. Ndubane sê voorts verskeie skote is in die kerk geskiet, maar niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie en ander relevante rolspelers is na die toneel ontbied. Verskeie leë patroondoppies is op die vloer van die kerk opgetel.

Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie en die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting word gevra om lt.kol. Skhumbuzo Ceko by 082 922 9902 te bel.

Nuusflits het reeds oor verskeie aanvalle op kerke in die provinsie berig. Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief