Vlieënier verongeluk terwyl hy oefen vir lugskou in Poland

Lees ook :

Vlieënier dood in ongeluk terwyl hy oefen vir lugskou in Poland Fotokrediet: X

POLAND. – ’n Vlieënier is oorlede nadat sy vegvliegtuig op ’n aanloopbaan neergestort het terwyl hy vir ’n lugskou in Poland geoefen het.

Lees ook: Ondersoekers sê skoolskieter was ‘behep met idee van kinders doodmaak’

Die F-16 vegvliegtuig het gister neergestort op die aanloopbaan en aan die brand geraak terwyl die vlieënier, maj. Maciej “Slab” Krakowian, vir die Radom-lugskou aan die oefen was.

Getuies het gesê die vegvliegtuig het skielik neus eerste begin val en dat dit te vinnig gebeur het vir Krakowian om hom uit te skiet.

Die lugskou is ná die ongeluk gekanselleer.

Bronne: Metro, Sky News, CBS News

Lees ook: Ondersoekers sê skoolskieter was ‘behep met idee van kinders doodmaak’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief