Video’s in berig.
NOORDWES. – ‘n Dieseltenkwa, kontantwa en ‘n Nissan NP200-bakkie was vroeër vandag (Vydag) op die N4-Bakwena-hoofweg naby Kroondal buite Rustenburg in ‘n ongeluk betrokke. Polisielede, plaaslike en provinsiale verkeersbeamptes, asook nood- en brand-en-rampbestuurspanne is op die toneel. Die dieseltenkwa het aan die brand geslaan.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Sterfgevalle is bevestig, maar verdere besonderhede is nog nie beskikbaar nie. Motoriste en lede van die publiek word versoek om saam te werk en die instruksies van wetstoepassers te volg wat tans die verkeer in albei rigtings (Rustenburg en Brits) beheer.


Foto’s: SAPD





