Verdagte vas ná brutale aanval op bejaarde egpaar

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Man (37) is in hegtenis geneem, nadat ‘n bejaarde egpaar vanoggend (Vrydag) omstreeks 03:00 tydens ‘n gewelddadige huisroof op die Wildlife Estate, in Sardiniabaai, ernstig beseer is. Die man (73) en vrou (68) is met ‘n panga en ‘n houtplank aangerand.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring twee verdagtes het die huis deur ‘n skuifdeur betree. Waardevolle items is van die egpaar geëis. Die verdagtes het met ’n selfoon gevlug nadat die alarm afgegaan het. Die slagoffers het ernstige kopbeserings opgedoen en is vir noodbehandeling na ’n hospitaal geneem.

Beetge bevestig Walmer-speurders het die verdagte in Bethlehemstraat, Walmer, opgespoor en in hegtenis geneem. Die gesteelde selfoon is by hom teruggevind. Hy word van inbraak en aanranding met die opset om ernstige liggaamlike skade te veroorsaak, aangekla. Die polisie soek steeds die tweede verdagte.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief