Minister van polisie en premier bespreek misdaad en veiligheid

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Prof. Firoz Cachalia, die minister van polisie, het Donderdag ’n vergadering oor misdaad en veiligheid met Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, gehou. Die burgemeester, lid van die uitvoerende raad vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, asook die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, was ook teenwoordig.

Kamogelo Mogotsi, ministeriële woordvoerder, en Regan Thaw, premier-woordvoerder, sê in ‘n gesamentlike vergadering die doel van die vergadering is om die uitdagings van misdaad en veiligheid in die provinsie te bespreek en maniere te ondersoek om samewerking te bewerkstellig om dit aan te spreek.

Volgens Cachalia is die ooreenkoms wat in September verlede jaar tussen die SAPD, die Burgerlike Sekretariaat vir Polisie, die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad gesluit is, die grondslag van gesamentlike pogings om veiligheid te verbeter. Die ooreenkoms vorm die grondslag van pogings om veiligheid vir inwoners te verbeter. Die ooreenkoms sal nagegaan word om seker te maak dit is prakties en dat dit wel geïmplementeer kan word. Geen enkele regeringsfeer kan alleen slaag nie. Nasionale, provinsiale en plaaslike regerings moet saamwerk.

Die premier, Alan Winde, het op sy beurt die gesprek verwelkom en sê die minister se bereidwilligheid om met rolspelers te ontmoet word waardeer. Winde het dit as ‘n belangrike stap in die stryd teen geweld- en georganiseerde misdaad beskryf. Hy sê voorts hy sien uit daarna om die vennootskap verder te versterk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief