VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n man (75) en twee vermeende verdagtes is vanoggend deur ‘n huishulp in ‘n huis in Pellissier, Bloemfontein, aangetref.
Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die huiswerker het twee verdagtes in die huis aangetref en vir hulp na die bure gehardloop. Toe die veiligheidsmaatskappy en polisie op die toneel aankom, is die bejaarde man met ‘n steekwond in sy bors aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar. Die verdagtes het van die toneel af weggevlug nadat die huiswerker hulle teëgekom het.
Die Parkweg-polisie ondersoek ’n saak van huisroof en moord. Die motief vir die misdaad is onbekend en word ondersoek.
Enigiemand met inligting word gevra om speur.kapt. Kwadi by 082 526 2653 te bel.





