EGIPTE. – Indirekte samesprekings tussen Israel en Hamas oor ‘n skietstilstand sal na verwagting vandag in Egipte begin.
Lees ook: SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond
Hamas het Vrydag voorlopig ingestem om al die Israeliese gyselaars wat steeds in aanhouding is, vry te laat, maar dat dit verder wil onderhandel oor Donald Trump se voorgestelde vredesplan vir Gasa.
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê ‘n ooreenkoms om die gyselaars vry te laat, sal moontlik hierdie week aangekondig word. Daar is nog 48 gyselaars in aanhouding in Gasa, met omtrent 20 wat nog lewe.
Bronne: BBC, Euronews, Daily Mail
Lees ook: SA’ners wat op Gasa-flottielje was, veilig en gesond





