BANGLADESJ. – Altesaam 16 mense is dood nadat ‘n groot brand gister by ‘n klerefabriek en chemiese pakhuis in Bangladesj uitgebreek het. Owerhede het gewaarsku die dodetal kan moontlik nog styg met verskeie mense wat vermis word.
Lees ook: Nadoodse ondersoek vir atleet wat ná halfmarathon sterf
Die brand het by die chemiese fabriek begin voordat dit na die klerefabriek versprei het en eers gisteraand geblus is.
Mohammad Tajul Islam Chowdhury, direkteur van die branddiens, het aan plaaslike media gesê die slagoffers is waarskynlik “onmiddellik” oorlede nadat hulle “hoogs toksiese gas” ingeasem het.
Chowdhury het gesê die eienaars van die pakhuis en fabriek word nog gesoek en dat ‘n ondersoek aan die gang is om uit te vind of die pakhuis wettig was.
Bronne: BBC, ABC, Gulf News
Lees ook: Nadoodse ondersoek vir atleet wat ná halfmarathon sterf





